Die District 9-akteur Sharlto Copley en sy vrou, die model en aktrise Tanit Phoenix, het hul eersteling se naam bekendgemaak. 

Die naam van hul pragtige dogtertjie met die pienk wange is Sielle Phoenix. Sy het onlangs vier maande oud geword. Sharlto (43) en Tanit (33) het in 2012 'n paartjie geword en hulle het in Februarie verlede jaar in die Kaap getrou. 

My sweetest cutest little happy girl ???????? #mamma #babyangel #siellephoenixcopley #love #tanitphoenix

A post shared by Tanit Phoenix Copley (@tanitphoenixofficial) on

Die twee woon in Amerika. 

Tanit het onlangs weer twee pragfoto's van haar en Sielle op Instagram gedeel. 

Sy skryf by een van dié kiekies: “Soentjies en drukkies en liefde . . . die klein kind van my is so oulik. Sy giggel en glimlag en hou van liefde.” 

Sy bedank Sharlto ook vir die “beste geskenk”, hul dogtertjie, waarvoor sy ooit kon vra. 

“Julle is my alles,” skryf Tanit oor haar pragtige gesin. 

Sharlto, Sielle se bekende Suid-Afrikaanse pa, was laas te sien in Maleficent met Angelina Jolie en in die 2016-fliek The Hollars met Anna Kendrick en Margo Martindale.