"My hart klop van nou af buite my lyf . . ." het die pragtige Rolanda Marais (Binnelanders en Waterfront) bykans 'n jaar gelede gesê nadat Charlotte James Malherbe op 6 Desember haar opwagting gemaak het.

Vrydag het sy dié pragtige foto gedeel waarop dit duidelik is dat die kleinding heel waarskynlik in haar talentvolle ouers se voetspore sal volg.

Manlief Jozua Malherbe was op die stel besig met 'n advertensie. Maar kyk net hoe nuuskierig is Charlotte. 

"Soveel as wat ek my kind wil weghou van die filmbedryf . . . so definitief is die besef dat dit onvermydelik is . . . ai," skryf sy by die foto wat sy op Instagram gedeel is. Met 'n hutsmerkie gee sy boedel oor: #itsinourblood.

Dis duidelik dat Rolanda absoluut versot op hul fraaie dogtertjie is.

Kom ons haal n bietjie asem ... #capetown #motherhood #love #seaside

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

En natuurlik spring pa Jozua ook nie die bekoring van Charlotte vry nie.

Ons voorsien dat Charlotte nog talle harte sal verower!

Gesin selfie ??#mytribe

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

So leer sy boonop van jongs af hoe belangrik waterbesparing is.

baba met die badwater ....#waterwise #greywater

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

My life right now......

A post shared by Rolanda (@rolandamarais) on

WATERFRONT

Rolanda vertolk die rol van Anna Myburgh, een van drie susters in Waterfront, kykNET se opwindende nuwe televisiereeks wat in Kaapstad afspeel. Die drie word deur ’n familietragedie byeengebring. 

Milan Murray speel Julia en Trix Vivier is Kate. Die reeks word op Dinsdae om 20:00 op DStv-kanaal 144 vertoon.




Milan Murray vertolk die rol van Julia en Trix Vivier is Kate. Die reeks word op Dinsdae om 20:00 op DStv-kanaal 144 vertoon.