Met dié dat sosialemediagebruikers so behep is daarmee om die “volmaakte foto” te plaas, het ’n kollegestudent besluit om die wêreld vol te reis en standpunt in te neem teen die sosiale media se norme van skoonheid.    

Michelle Liu, van Boston in Amerika, reis nou die wêreld plat en neem snaakse foto’s by belangrike besienswaardighede. 

Sy lê haar avonture vas deur snaakse ken-selfies (oftewel kenfies) van haarself te neem wat loodreg indruis teen die sorgvuldige kamerahoeke en gedokterte selfies wat oral op Instagram pryk.

Hoe doen die 21-jarige dit? Wel, dis eenvoudig: Sy staan voor ’n pragtige besienswaardigheid, kantel haar kop agteroor en neem die volmaakte foto van haar dubbelken – ’n proses wat sy trots chinning noem.  

“Vreemdelinge merk my altyd op terwyl ek kenfoto’s neem,” het Michelle aan Mic gesê. “Party lyk gesok, ander verward, maar uit my ervaring word hulle gewoonlik vermaak.”

Die student se foto’s het op die internet aandag getrek en baie mense prys haar daarvoor dat sy skoonheidsgrense afbreek deur eerder pret te hê en oomblikke ten volle te koester. 

In New Yoooorrk, concrete jungles where chin dreams are made of ?? #chinfie

A post shared by Michelle Liu • Chinchelle (@chinventures) on

Luidens die Daily Mail het Michelle ’n verskeidendheid kenfies in lande soos Oostenryk, Denemarke, Pole, Frankryk, Engeland en selfs China geneem. 

In haar jonger dae het die wêreldreisiger altyd druk ervaar om “ ’n sekere manier te lyk”, maar toe sy eers haar onsekerhede afskud, het Michelle dit aangegryp om laf te lyk en haar kenfies begin neem.  

“My kenfotonemery het my vriende deur laerskool, hoërskool en kollege vermaak, en op daardie punt het ek besluit om my ken met die wêreld te deel,” het sy aan Mic gesê.

A lil throwback, just trying to Polish up on my puns!! | Tag a friend you want to go chinning with ??

A post shared by Michelle Liu • Chinchelle (@chinventures) on

Haar wêreldreise het in September 2017 begin toe sy in Wene begin studeer, wat haar in staat gestel het om oral in Europa te reis. 

En sy het beslis nie haar 19 000 Instagram-volgelinge in die steek gelaat nie. 

“Jou foto’s is fantasties. Het dit baie geniet!” sê ’n Instagram-gebruiker.

“Dit is so volmaak. Ek is dol oor al jou foto’s!” sê nog een.

Bronne: metro.co.uk, dailymail.co.uk, mic.com