Dié niewinsgewende organisasie, wat in 2012 in Limpopo op die been gebring is, het die klein renoster Charlotte genoem.

Volgens ’n inskrywing op Facebook het The Rhino Orphanage ’n oproep ontvang nadat Charlotte haar ma weens stropery verloor het.

Foto: Facebook.

’n Volgende inskrywing het bevestig dat Charlotte ná sowat 10 uur aan ’n bottel melk begin drink het.

Foto: Facebook.

Foto’s wys hoe die renoster se kop met lappe toegedraai is en haar ore toegebind is.

Volgens The Rhino Orphanage is dit standaardprotokol om stres te verminder, want die impak van buite-stimulusse word op dié manier bekamp.

Foto: Facebook.

Charlotte se kopdoeke is intussen verwyder en sy volg glo haar oppassers in die kamer rond.

Sy het ook ná haar redding tussen haar oppassers geslaap.