The Mirror berig die Russiese kind word die “mooiste meisie ter wêreld genoem” en het die aandag van groot maatskappye getrek. Sy het al in hoëprofiel-advertensieveldtogte verskyn. 

Haar Instagram-blad, wat deur haar ma, Anna, bestuur word, het 560 000 volgelinge.

? ?? ??? ?????? ? ????? ????? ? ???????? ?? ??????? @chobikids ?? ???? ?? @natalaina

A post shared by Anna Knyazeva (@anna_knyazeva_official) on

Anna deel gereeld foto’s van haar modelwerk en spontane kiekies en video’s saam met familie en vriende.

“Dit is die mooiste meisie wat ek nog gesien het. Haar oë,” het een van haar aanhangers geskryf.

??? ????????? ?? #???????????????? #anastasiyaknyazeva #??????????? #??????????? #??????????????? #?????????????

A post shared by Anna Knyazeva (@anna_knyazeva_official) on

’n Ander een voeg by: “Ek dink sy is die mooiste meisie op aarde.”

Sy is nou die gesig van die Russiese handelsmerk Chobi Kids en is ook in Oktober verlede jaar as die gesig van Little Miss Aoki, ’n reeks die weelde-kinderklere, aangewys The Daily Mail.

Anastasia, wat deur President Kids Management verteenwoordig word, volg skynbaar in die voetspore van Thylane Blondeau.

????????????????????‍?? getting ready for @michaelkors show

A post shared by Thylane (@thylaneblondeau) on

Dié was op net 10 jaar oud die jongste model tot nog toe wat vir Vogue geposeer het. Volgens The Mirror is Thylane (nou 16) ’n handelsmerkbestuurder vir L’Oréal Paris.

Maar saam met die roem, kom kritiek, en sommige sosialemedia-gebruikers val haar ouers aan omdat hulle haar nie “ ’n kind laat wees nie”, berig Metro UK

“Ek sal graag wil weet hoeveel grimering haar ouers voor elke foto vir haar aansit,” skryf een, terwyl ’n ander een wonder: 'Hoekom glimlag sy nie? Sy is ’n kind'.”  

Bronne: The Mirror, The Daily Mail, Metro UK