Die koningin het, ter erkenning van haar Skotse afkoms, ’n tartanromp, rooi bloese en oopknooptrui aangehad, berig People.

Foto’s van die minitoer wat deur die koningsgesin op Twitter geplaas is, gee ons ’n kykie in die koningin se persoonlike ruimte.

Dis g’n wonder dat die binnekant van die studeerkamer moontlik soos die binnekant van jou ouma se huis lyk nie – daar is ou, gestoffeerde rusbanke, ’n stokou kaggelhorlosie en selfs ’n skip in ’n bottel.

Die studeerkamer alleen verklap egter in werklikheid heelwat oor die 91 jaar oue monarg. Hier is die vyf belangrikste dinge wat ons ontsyfer het:

1. Sy is lief vir lees

Haar studeerkamer is gevul met lywige boeke, in leer gebind – perfek om jou in te verdiep terwyl jy op koue winteraande op die Hooglande op een van daardie skynbaar goed gebruikte rusbanke opkrul.

2. Sy is nog net so oudmodies soos altyd

Die olyfgroen oorgetrekte leunstoele skree van nostalgie en ons dink die koningin wil dit presies net so hou. 

3. Maar sy het ook niks teen ’n paar moderne geriewe nie

Hallo, platskerm-TV! Hou die koningin dalk net so baie van reekse soos ons? 

4. Sy klou vas aan waardevolle dinge 

Sy is lief vir haar antiekware – daardie skip in die bottel en die ou kaggelhorlosie staan al sedert die 1970’s op haar kaggelrak.

5. Sy het in werklikheid ’n sagte hart

’n Foto uit 1977 van die Britse heerser en haar man, prins Philip, neem die ereplek in. Selfs ná 70 jaar saam is die koningin en haar man nog net so verlief soos altyd.  

Bronne: People, The Telegraph, Express UK