Die voormalige Olimpiese swemmer van Suid-Afrika, wat met prins Albert getroud is, het drie nuwe foto’s van hul tweeling, prins Jacques en prinses Gabriella, gedeel waarin die twee met splinternuwe haarstyle spog.


Sy het daarby geskryf: “Ons eerste haarsny.”

Our First Haircut. Photos by HSH Princess Charlene

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on

Die kleingoed, wat op 10 Desember drie jaar oud word, word vinnig groot. Op nog ’n foto wat sy ’n paar dae tevore gedeel het, is haar seun “aan die stuur” van ’n polisieboot. “Sy Deurlugtige Hoogheid, prins Jacques, geniet dit vanoggend aan boord van die maritieme polisieboot in Monaco,” lui die onderskrif.

HSH Prince Jacques enjoying being aboard the Maritime Police Boat in Monaco this morning. Photo by HSH Princess Charlene

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on

Bron: Instagram