"Alles sal teen die einde oukei wees; as dit nie oukei is nie, is dit nog nie die einde nie. Dankie vir almal se gebede en liefde. Ná ’n twee uur lange operasie het alles goed afgeloop. Dankie Vader vir sy genade," skryf die sanger. 

Die sanger se ma, Ronel Brink, het Donderdagoggend aan Huisgenoot gesê hy sal vir vyf tot ses weke ná die operasie geen vertonings kan lewer nie. Hy sal ook stemrehabilitasie moet kry.

Dit is die derde keer dat Bobby ’n operasie aan sy stembande ondergaan. Hy het ’n jaar gelede poliepe op sy stembande laat verwyder en het ook in Februarie verlede jaar ’n operasie ondergaan. 

Sy aanhangers is oorstelp van blydskap.

"Baie baie ongelooflik baie stekte, Bobby. Jy's ’n champ !!!!" skryf Irene Cloete.

Die sanger Brendan Peyper het hom ook sterkte toegewens. "Baie sterkte, my vriend, jy's ’n yster," skryf hy op Instagram.

Spoedige herstel, Bobby!