Allison Sipes, van Orlando, Florida, het haar Facebook-volgelinge verstom met gereelde video’s van hoe sy tydens haar swangerskap aanhou paaldans oefen. 

Die 35-jarige paaldans sedert 2005 en is ’n instruktrise by die Lotus Fitness Studio. Sy bestuur ook die Amerikaanse federasie vir paalsport.

Dit is Allison se eerste swangerskap en haar baba, ’n meisie, word op 7 April verwag. 

“Dit was paaldans soos gewoonlik tot op ongeveer ses maande,” sê sy.

Foto: Magazine Features.

“Toe begin die ekstra gewigstoename en gewigsverplasing dit uitdagend maak wat krag en veiligheid met my groeiende maag betref.”

“Ek gaan nog goed aan op amper 38 weke en wil aanhou tot die bevalling.”

Die toekomstige ma vertel sy het haar dokters geraadpleeg oor haar besluit om aan te hou oefen terwyl sy haar baba verwag. 

“Ek het met my dokters oor my vorm van oefening gepraat en hulle het almal saamgestem ek kan daarmee aangaan so lank as wat ek goed voel, want dit sal die bevalling en herstel agterna veel makliker maak,” sê sy.

Foto: Magazine Features.

“Hulle dink dis nogal cool wat ek doen.

“Hulle moedig my aan om aan te hou oefen so lank as wat ek wil.

“Ek het gelukkig ’n baie gesonde swangerskap sonder komplikasies. Dit is ’n seën om vol te hou met wat ek graag doen.”