Baba Moke is 'n klein wonderwerk. Hy is die eerste mannetjiesgorilla van die westelike laaglandgorillas van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) wat in die dieretuin gebore is. Sy ma het op 15 April om 18:25 aan hom die lewe geskenk. 

Sy naam beteken "junior" of "klein enetjie" in Lingala, 'n taal van die DRK, waar sy voorvaders vandaan kom. Sy geboorte is nie net belangrik vir die dieretuin nie, maar ook vir die bedreigde spesie in die natuur, vertel Meredith Bastian, kurator van die primate-afdeling by die dieretuin.

Hulle sal bystand lewer waar nodig, vertel Meredith, maar die 15-jarige Calaya is 'n wonderlike ma wat van geboorte af al die regte dinge doen. En sy doen ook die onverwagte, soos dat sy Moke heeltyd soen. Dis nog nie duidelik of die pa, Baraka (26), nou al sy seun sal kan ontmoet nie. Ma en kind moet nou eers 'n hegte band vorm.

Kyk hier na die geboorte.

Waarskuwing: grafiese materiaal.