Die masseerterapeut Hitesh Patel het onlangs sy werk aan die rug van haarstiliste op Facebook gewys. 

Die terapeut van Leicester, Engeland, het die aansienlike beserings gewys wat haarstiliste opdoen omdat hulle ure lank vooroor gebuk staan terwyl hulle hul kliënte se hare versorg.  

Een van die foto’s is van Grace Campbell en dit is nie mooi nie. 

“Sy het ure lank gestaan met haar voete vorentoe gedraai terwyl sy ’n borsel in die een hand en ’n haardroër in die ander bo haar kliënt se kop vashou,” skryf Hitesh op sy Facebook-blad.

“Jou spiere ontwikkel en hou op om jou skeletstelsel in ’n onnatuurlik skewe posisie te hou. Wanneer jy eindelik jou stileertoerusting neersit en in ’n natuurlike, neutrale posisie probeer sit, werk dit nie,” verduidelik hy.

Op die foto sien ons Grace se rug is rooi en gekneus van die masseerbehandeling wat Hitesh haar gegee het om haar ruggraat te herstel. 

“Wanneer jy weer na jou haarkapper kyk en dink hulle het ’n maklike lewe, dink aan dié foto’s en sien hoe baie hulle hul eie gesondheid opoffer net sodat jou hare kan goed lyk,” sluit hy sy plasing af. 

Bronne: Facebook, Metro, Daily News