Hy is vir 23 jaar lank in die lugmag.
Hy is vir 23 jaar lank in die lugmag. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

Dean (42) is ’n vlugsersant in die Britse koninklike lugmag (RAF) en het onlangs van ’n oorsese sending na sy huis in Sleaford, Lincolnshire, teruggekeer. 

Dean se vrou, Kerry (39), wou hul drie kinders – Amelia (14), Sydney (10) en Sam (8) – verras en het Dean se tuiskoms geheim gehou. Kerry het vir die kinders gesê hulle sou ’n foto neem om vir Dean te stuur.

Die hartroerende oomblik toe Dean sy kinders verra
Die hartroerende oomblik toe Dean sy kinders verras. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za
Die hartroerende oomblik toe Dean sy kinders verra
Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

Sy het hulle ’n banier laat maak waarop “Welkom tuis, Pappa” staan.

Op die video stap Dean van agter hulle by ’n deur uit en verras hulle. Al drie kinders bars in trane uit en gaan omhels hom.

Kerry, ’n spysenier-assistent, vertel: “Hy is 23 jaar in die lugmag. Ek het altyd gesê ek sou nooit met ’n militêre man uitgaan nie, maar ’n gemeenskaplike vriend het vir ons ’n toe-oë-afspraak gereël en ons is ’n jaar later getroud.

Dean se vrou, Kerry het vir die kinders gesê hulle sou ’n foto neem om vir Dean te stuur. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

“Hulle het geen idee gehad hy kom terug nie en dit was ook die eerste keer dat ek hom gesien het. Ons het hom begin April laas gesien en dit was baie moeilik.

Al drie kinders het in trane uitgebars toe hulle h
Al drie kinders het in trane uitgebars toe hulle hul pa sien. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

“Die kinders raak dikwels ontsteld wanneer hy nie hier is nie. Vir die eerste paar weke speel hulle meestal in die slaapkamer, want hulle wil hê hy moet vir hulle nagsê. Maar jy kom ná ’n ruk in ’n roetine.

“Ek het die video saam met my ma opgeneem en ons het dit ’n paar weke saam met Dean beplan. Ek het vir die kinders gesê ons moet foto’s met die banier voor ons huis neem as ’n geskenk vir hul pa. Dit beteken vir hulle baie dat hy huis toe gekom het. Dit was ’n moeilike paar jaar.

Dean en Kerry het 'n jaar na hul ontmoeting getrou. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za
Dean en Kerry by hul pragtige kinders.
Dean en Kerry by hul pragtige kinders. Foto: Caters News Agency/Magazinefeatures.co.za

“Nadat ons die video klaar opgeneem het, was dit asof hy nooit weg was nie en ons het almal saam op die rusbank opgekrul en TV gekyk.” 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe