Polisiemanne, nonne, die Teletubbies en selfs Laurel en Hardy het al aan die op en wakker heupswaaiende dans deelgeneem. En dit gebeur in openbare plekke, hospitaalgange, op dakke en strande in plekke soos Frankryk, Swede, Italië, Roemenië, Engeland, Kanada en Jamaika.
Master KG feat. Marina Militare...#JerusalemaDanceChallenge pic.twitter.com/M6AzLnFmtY
— figliodelvesuvio (@figliovesuvio) August 7, 2020
Die jongste op die lys: die Afrikaanse privaat skool Helpmekaar Kollege in Johannesburg. Hulle is ook die eerste hoërskool in die land wat aan die "Jerusalema"-uitdaging deelgeneem het.
“Ons hoof, mnr. Klaus König, het gedink dit is ’n gulde geleentheid om die kinders iets prettig te laat doen, terwyl hulle steeds sosiale distansiëring kan toepas,” vertel Rozelle Visser wat die skool se sosiale media bestuur.
Die gr. 10- tot 12-leerders – sowat 650 kinders - het ’n paar dae gelede tydens die oggend se opening die dans binne net 15 minute aangeleer en die volgende oggend is die video binne 20 minute verfilm.
“Dit was vir die kinders soveel pret om lawwe danspassies te doen, hulle het dit sommer baie gou aangeleer,” sê Rozelle.
“Hulle het dit vreeslik geniet en van die matrieks het ná die tyd gesê dit was een van hul vele hoogtepunte van hul jaar.”
Die Helpmekaar-video is op die skool se Facebook- en Instagram-blad geplaas en is toe deur Master KG op sy eie blad gedeel. Binne drie dae het meer as ’n miljoen mense na die Helpmekaar-video gekyk.
Saul-Marco Swart, ’n matriekleeder, het die video met ’n hommeltuig geneem en Ruben Barnard, ook ’n matrikulant, het die video geredigeer.
Master KG het vroeër aan Huisgenoot se susterstydskrif YOU gesê hy weet nie hoe om sy vreugde te beskryf nie.
Jerusalema Feat Nomcebo Is no 11 Worldwide on iTunes ???????????????????????????????? Modimo Rea Leboga pic.twitter.com/cfyN4l6O1K
— Master Master KG!!! (@MasterKGsa) August 8, 2020
“Dit is wonderlik – die liefde is oral. Mense uit alle uithoeke van die wêreld waardeer die liedjie, hulle stroom dit, hulle maak dit nommer een op die trefferlyste. Dit beteken baie vir my.”
Die liedjie is al meer as 70 miljoen keer op YouTube gekyk en meer as 100 miljoen keer gestroom.
Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET