Die verdagtes, almal tussen die ouderdom van 26 en 35, sal Vrydag in die landdroshof in die Strand verskyn, bevestig die polisie aan Huisgenoot.

Veral die waaksaamheid van die Strand-polisie en 'n Gordonsbaaise sekuriteitsfirma het gelei tot die inhegtenisnemings, sê sers. Noloyiso Rwexanana, polisiewoordvoerder.

Die gekaapte motor is in Lwandle naby die Strand in hul besit gevind, sê sy. Die motor is vroeër die dag in Parow gekaap en in ’n rooftog in Faganstraat in die Strand gebruik.  

Die fotograaf Corrie Hansen het die aksie op video vasgevang.

Die voertuig is kort ná die rooftog deur nommerplaatherkenningskameras opgetel, het die Rapport-joernalis Julian Jansen in die sosiale media geskryf.

Lede van die polisie en 'n sekuriteitsfirma van Gordonsbaai het die verdagte voertuig toe agternagesit en by die N2-Broadlandsverkeersligte ingehaal.

’n Saak van die besit van ’n gekaapte voertuig is geopen deur polisie, sê Noloyiso en voeg by aanklagte van roekelose en nalatige bestuur is ook bygevoeg.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe