’n Gesin van 12, insluitend ’n pasgebore tweeling, het veilig uit ’n woonstel gekom wat in ligte laaie was.

Die pa van Decatur, Georgia, is die enigste een wat beserings opgedoen het. Hy het brandwonde opgedoen toe hy al sy kinders uit ’n woonstel op die tweede verdieping gered het.

Een vir een het Lance Ragland sy kinders teen die leer af aangegee vir die brandweermanne tot een uit sy hande gegly het, maar kapt. Scott Stroup van die DeKalb-brandweerdiens het die kind in sy arms gevang. Dit gebeur by ongeveer 55 sekondes in die video.

Die gesin het alles in die brand verloor en bly nou by familie tot hulle weer op hul eie voete kan staan, het Lance aan die plaaslike TV-kanaal Fox5 gesê.