Kyk hoe vier Erica Wessels haar verjaardag

akkreditasie
Die vreugdesvure brand hoog vir die aktrise Erica Wessels. Nie net word haar nuwe fliek Alles wat mal Is more vrygestel nie, maar dis vandag haar 36ste verjaardag!

“Ek het Maandag my knie gebreek nadat ek gegly het in die reën en het vandag ’n fotosessie saam met my vriendin Lavonne Bosman gedoen. Sy het ’n ongelooflike kunsfoto van my en my gebreekte been geneem,” vertel sy.

“Vanaand gaan ek ’n fliek kyk en net rus, want die naweek gaan ons partytjie hou!”

En moenie dink die ouderdom pla dié talentvolle aktrise nie. “Ek geniet dit om ouer te word en gemaklik in my lyf te voel. Ouderdom is net ’n getal,” meen sy.

-       Joshua Carstens

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees