Alex Lila is 1 jaar oud

Happy 1st Birthday to you beautiful baby girl. ?? #alexlila

A post shared by Lauren Badenhorst (@laliewild) on

Kyk net hoe groot het die rocker Francois van Coke en sy vrou, Lauren, se dogter geword! Die blouoogmeisie Alex Lila het op 7 November haar eerste verjaardag gevier en is met ’n rooifluweelkaaskoek bederf.

Hanging with my 2 beauties today. A year ago everything changed. #alexlila is vandag 1 jaar oud!

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

"Ek kuier vandag saam met my twee mooistes,” het Francois op Instagram by ’n foto van sy vrou en dogter geskryf. “ ’n Jaar gelede het alles verander: Alex Lila is vandag een jaar oud!”

Francois is enkele dae nadat hy die spesiale mylpaal saam met sy gesin gevier het weg vir ’n toer in Amsterdam.

Kyrah is 3 jaar oud

Kyrah, die dogter van die sanger Kurt Darren en sy vrou, Dunay, het op 10 November haar derde verjaardag gevier. “Jy het so ’n sagte hartjie vir mens en dier; daarom is die tema van jou verjaardag vandag diertjies,” het Dunay op Kyrah se verjaardag op Instagram geskryf.

Haar partytjie is by die Bash-partytjieplek in die Paarl gevier. Dunay bid nou al dat haar dogter “eendag ’n Goddelike man sal vind wat jou op sy hande sal dra en jou sal behandel soos die prinses wat jy is”.

Sy beskryf Kyrah as die son in hul lewe wat hulle elke dag ’n rede gee om te glimlag.

Pragtige koek deur 'Style me sweet' ?? #birthday #cake #birthdaycake #3yearsold #daughter #animals

A post shared by Dunay (@dunayvanheerden) on