Die aktrise en aanbieder Ansu Visser en Edwin is nou amptelik byna ’n maand lank ’n paartjie.

Ansu is die voormalige aanbieder van chatNOU! en verskyn ook in Wonderlus. 

Being #Amiici-cool in my new frames! // @amiicivisionsa #AmiiciVision #getafloweredwallpaper #frames #optical #glasses //

A post shared by Ansu Visser (@ansuvisser) on

Die donkerkop het aan rooi rose vertel hoe hulle ontmoet het. “Ons het dié jaar ontmoet by die table read through van Wonderlus. Ek het myself voorgestel aan Edwin, en hy wou nog sê wie hy is toe sê ek ek weet.”

Sy vertel sy het later, toe hulle aan Wonderlus begin skiet het, hom gaan groet en hulle het gesels. “Ek het toe geweet ons gaan beste vriende word,” het sy aan rooi rose gesê. 

S A T U R D A Z E • #V&A #lifegrandcafe #g&t #hottie •

A post shared by Ansu Visser (@ansuvisser) on

“Ons verhoudingsmotto is om seker te maak ons bly mekaar se beste vriende, maar ook mekaar se lekkerste vry,” het Edwin aan rooi rose gesê. 

Edwin is ook g'n groentjie op die kassie nie. Hy was al te sien in Sara se Geheim en Waterfront en flieks soos Jagveld en Modder en Bloed.