Die Suidoosterwind het oor die afgelope naweek teen ’n spoed van 80 km/h gewaai met rukwinde van tot 130 km/h wat dakke van Seepunt en ook in die Strand afgewaai het.

Ten minste twee sport-geleenthede moes weens die sterk winde gekanselleer word; die CFA Bay To Bay-wedloop in Kaapstad en die Medihelp Stellenbosch-fietstoer.

Maar weerghoeroes sê: Hou vas aan jou matras, die wind het nog lank nie sy laaste gô uitgeblaas nie.

Volgens Weather.com sal sterk winde nog tot Vrydag oor groot dele van die Wes-Kaap woed.

’n Aangenamer weerverrassing oor die afgelope naweek was reënval wat die damvlakke in die provinsie tot gemiddeld 71,8 persent laat styg het.

Inwoners kan Woensdag nog reën verwag met ’n temperatuur van 24°C. En komende Sondag bring nog reën met die kwik op ’n lae 19°C.

Hier is ’n paar van die video’s en inskrywings in die sosiale media wat uitbeeld hoe die winde verwoesting gesaai het:

Bronne: capetownetc.com, weather.com

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.