Haar boetie, Bobby van Jaarsveld, het dié video op Instagram gedeel met die woorde:

"Daar is so paar mense daar buite wat Graag @karlienvanjaarsveld wil sien val . . . Wel hier is dit nou. En ek het dit alles op video geneem.

"Dis hier net buite Brits op my skoonouers se plaas waar sy en my vrou resies jaag teen die kinders wat Karlien besef het sy is toe nie meer so vinnig nie. Lief vir jou Kalla kat," skryf hy.

Karlien het lekker vir haarself gelag en ook die video gedeel op haar Instagram met die woorde:

"Dit is wat gebeur as jou voete te vinnig is vir jou bobene. #ekwouwen #hardloopteendiekinders#plaastoe weet nie wanneer laas ek so hard geval het nie. #grassburn dis my broer wat so lekker lag agter sy foon @bobbyvanjaarsveld 'toemaar ek het dit op video'," skryf sy by haar video.