KYK: Kleuter breek TV toe hy superheld probeer beskerm

akkreditasie
'n Seuntjie het so meegevoer geraak met 'n program van sy gunsteling-superheld dat hy 'n speelgoedvragmotor na die televisie gegooi het om sy held teen 'n skurk te beskerm.
Hoewel die skurk ongedeerd van die
Hoewel die skurk ongedeerd van die "aanval" afgekom het, was die televisieskerm nie so gelukkig nie. Foto: Liu Jiao/Asiawire/Magazinefeatures.co.za

Hoewel die skurk ongedeerd van die "aanval" afgekom het, was die televisieskerm nie so gelukkig nie.

'n Video van die voorval het sosiale media op hol en is wyd op die sosiale netwerk Douvin gedeel.

Op videomateriaal van die sekuriteitstelsel by die huis in die stad Chengdu in China kan 'n mens sien hoe die knapie die Japannees vervaardigde televisiereeks Ultraman Taiga kyk toe sy emosies tydens ’n gevegstoneel die oorhand kry en hy ingryp om sy held te help.

Die opgewonde kleuter neem dan ’n superheldhouding in voor hy ’n speelgoedvragmotor optel en die televisie daarmee slaan. 

Hy gooi dan die houer agter hom en stamp ’n drom om. Die jong seun hou dan op met sy superheldspeletjie en maak die gemors wat hy gemaak het skoon. Hy tel al die vullis wat rondlê op en pak dit in die drom terug.

Die video eindig waar die seun opgewonde voor die beskadigde TV op en af spring, terwyl hy die res van die program kyk op die deel van die skerm wat nog werk. 

Die seun se ma, Liu, sê sy het eers nie besef die televisieskerm is stukkend nie. Sy het later agtergekom hoe dit beskadig is toe sy na die kringtelevisievideo gekyk het. Sy sê hulle het maar ’n nuwe televisie gaan koop.  

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees