Jang Ji-sung se regte dogter Nayeon is in 2016 aan 'n rare ongeneeslike siekte dood. Die meisie na wie sy nou haar hande uitsteek, is ’n virtuele skepping vir ‘n Koreaanse dokumentêre program. 

In die nuwe dokkie ontmoet Jang ’n virtuele weergawe van haar dogter wat op sewe oorlede is. Die program, wat vervaardig is deur Munhwa Broadcasting Corporation (MBC), het ’n virtuele tuin geskep met ’n dogtertjie daarin wie se voorkoms, liggaam en stem op Nayeon s’n gegrond is. 

Toe Jang met 'n VR-kopstuk haar virtuele dogter in ’n pers rokkie sien, was sy hartseer. “Ag my mooiste, ek het jou gemis,” sê sy terwyl sy aan haar dogter ‘raak’.

Dié virtuele Nayeon sê dan vir Jang dat sy haar baie mis. “Ek mis jou ook,” antwoord Jang. 

Sy was eers skrikkerig om aan dié Nayeong te vat, maar die virtuele skepping het haar toe gevra: “Mammie, hou asseblief my hand vas”. 

Die oorlede Nayeon se regte pa, broer en suster was in die ateljee toe dié ontmoeting op ’n virtuele verhoog verfilm is. 

Hulle het almal langs die kantlyn gestaan en huil. 

Jang sê sy het besluit om deel te neem aan dié dokkie vir vertroosting “aan iemand anders wat ’n kind soos ek, of wat ’n broer of ouer verloor het”. 

Bronne: Daily Mail, ajudaily