Hoewel sy werk die gebruik van ledemate vereis wat hy nie het nie, het Achmad Zulkarnain (25), van Indonesië, ’n manier gevind om te werk met wat hy het.

“Ek het my eie manier van dinge doen,” het die fotograaf sonder ledemate aan AlJazeera gesê. “Ek wil nie hê mense moet my foto’s sien en dink aan wie ek is nie – ek wil net hê hulle moet my kreatiwiteit sien.”

En kreatief is hy beslis!

My self

A post shared by bang_dzoel (@bangdzoel_) on

Achmad is sonder arms of bene gebore en het jare gelede ’n liefde vir fotografie ontwikkel.

Membidik itu bukan perkara butuh jemari, tapi butuh mata dan cahaya,

A post shared by bang_dzoel (@bangdzoel_) on

Metro.co.uk berig hy het vir homself ’n kamera gekoop terwyl hy by ’n internetkafee gewerk het, en het dit sy lewensdoel gemaak om homself die vaardighede van sy potensiële werk aan te leer. Vandag spog hy met ’n indrukwekkende gevolg op Instagram en Facebook, en hy het naam gemaak in ’n uiters mededingende bedryf.

As gevolg van sy gestremdheid het Achmad geleer om sy gesig te gebruik om die instellings op sy kamera te verander. Deur dit teen sy gesig te druk, verander hy die fokus en zoemfunksie en hy gebruik sy mond om die aan-en-af-knoppie te druk.

Biar g lupa jha kalok pernah belajar digital imaging

A post shared by bang_dzoel (@bangdzoel_) on

Om die foto te neem gebruik hy die ekstra stukkie vel op sy “hand” en hy beweeg rond op ’n spesiaal vervaardigde knortjor wat hy ontwerp en sy familie en vriende hom help bou het.

“Selfs vandag nog is daar mense wat neerkyk op my,” sê hy. “Maar dis darem nie so erg soos voorheen nie.”

A post shared by bang_dzoel (@bangdzoel_) on

Volgens Petapixel.com het Achmad, wat ook die naam Dzoel gebruik, nou sy eie fotografieonderneming waar hy fotografielesse aanbied.

“As jy die beste wil wees, haal die idee dat jy gestrem is uit jou kop. Jy hoef nie perfek te wees om die beste te wees in wat jy doen nie.”

Bronne: Metro.co.uk, Petapixel.com, Aljazeera.com