Dié voorval is in die munisipaliteit Navolato in die Mexikaanse staat Sinaloa verfilm en die beeldmateriaal word wyd in die sosiale media versprei. Op die video word gesien hoe die mans ’n krokodil met toue uit ’n meer trek. 

Krokodil
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die een vermeende smokkelaar sê vir sy pel: “Trek dit! Trek dit! Dis baie swaar.” In die volgende toneel is die groot krok oor die lengte van die motorfiets uitgestrek. Die motorfietsryer sit bo-op die reptiel se rug en spog skynbaar by ander padgebruikers met sy vangs. 

Die twee mans het die krokodil vermoedelik verdoof en sy snoet en lyf vasgebind sodat hulle hom per motorfiets kon karwei.

Die voorval het woede aanlyn ontlok en ’n Facebook-gebruiker lewer kommentaar: “Mense is die ergste ding wat nog met die aarde gebeur het. Waglik.”

 krokodil
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
 krokodil
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Nog ’n internetgebruiker sê: “Diere! Ek hoop die krokodil byt ’n arm of voet af.”

Die twee mans op die video is nog nie deur die plaaslike owerhede geïdentifiseer nie en dit is onbekend waar die krokodil hom bevind. 

Die Navolato-polisie ondersoek nog die saak. As die verdagtes skuldig bevind word, kan hulle een tot nege jaar tronkstraf vir die steel van die krokodil kry en nog drie jaar oor hulle dit in ’n beskermende gebied gedoen het.

 krokodil
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Volgens die koerant Infobae is arapapegaaie, reënboogvoëls, ape, panterkatte, tarantulas en reptiele die spesies waarmee die meeste in Mexiko gesmokkel word.