Burgemeester Bongani Baloyi het gesê minstens 300 families het skade aan hul huise aangemeld, waarvan sommige vernietig is.

Sowat 31 mense het geringe beserings opgedoen. 

Volgens Baloyi is infrastruktuur ook beskadig. 

“Die munisipaliteit help ontheemde inwoners met tydelike skuiling, en sal die omvang van die skade, asook die geraamde koste van herbouing begin bepaal,” het Baloyi in ’n verklaring gesê.

“Twee hulpsentrums is in Mamello en die Vaal Marina-stadsaal ingerig om diegene te help wat deur die tornado geraak is.”

Baloyi het bygevoeg dat nooddienste die Vaal Marina en naburige gebiede sal monitor om die veiligheid van inwoners te verseker.

Bron: News24