Almal wat al onder dié knaap se skêr en skeermasjientjie deurgeloop het en sy derduisende sosiale media-volgelinge, soos die 1,5 miljoen op Kuaishou, dink klaarblyklik so.

Hongqi is dalk nog baie nat agter die ore, maar sy ouers, ook albei haarkappers, het die wonderkind al sedert sy vierde verjaardag begin touwys maak. Hy het met verdrag onder die grootmense se toesig sy kuns vervolmaak, tot waar hy nou alle salondienste manalleen kan behartig. Die mini-meesterstilis sny, kam, blaas en skeer vir die vale – ook patrone wat selfs ouens soos Elton Jantjies sou beïndruk. 

Hy sny ook sommer sy eie hare voor 'n spieël. Mense kan skaars uitgepraat raak oor die vernuf en finesse waarmee hy al sy gereedskap hanteer. En dit kan seker ook nie anders as jy basies in 'n haarsalon grootword nie.

"Hy doen beter werk as enige 'professionele' mens wat ek nog ooit betaal het. Dalk moet ek hom 'n lui gee – ek soek juis na 'n nuwe stilis," vat een van sy nuwe sosiale media-volgelinge dit saam.

"Ek moet raad kry by dié seuntjie se ouers," sê nog een. "So 'n hardwerkende, geduldige kind. Ek het na my eie gekyk, en hy was besig om videospeletjies te speel," sug 'n ander. 

Ja, wie kan onthou wat húlle gedoen het toe hulle ses jaar oud was?

Bronne: South China Morning Post, us.tomonews.com, YouTube, Facebook, Twitter