Kyk net watter bekende paartjie gaan trou!

akkreditasie
Ná vyf jaar saam het Jon Snow, ag, ons bedoel Kit Harington (30), onlangs aan Rose Leslie (30) verloof geraak.

Die paartjie het in 2012 op die stel van die HBO-reeks Game of Thrones ontmoet waarin Kit die rol van Jon Snow vertolk, en Rose die rol van sy wildling-liefie Ygritte.

Kit Harington en Rose Leslie het op die stel van die HBO-reeks Game of Thrones ontmoet. Foto: Getty Images

The Evening Standard het berig die paartjie het verlede week die nuus met vriende en familie gedeel, en probeer die nuus privaat hou, nes hulle met hul verhouding doen.

Maar dit het gegons op sosiale media, en The Mirror het berig ’n verlowing was die volgende stap nadat die twee vroeër vanjaar saam ingetrek het. 

Die Daily Mail berig hoewel Kit en Rose hul verhouding privaat hou, het hy al gepraat oor die oomblik toe hy op Rose verlief geraak het. 

“Dit was die drie weke in Ysland toe ons die tweede seisoen geskiet het. Dis ’n pragtige land, die noorderlig is ongelooflik, en dis waar ek verlief geraak het.”

Die paartjie moet nog op ’n troudatum besluit.

Bronne: standard.co.uk, dailymail.co.uk, mirror.co.uk

Jongste uitgawe

3 Februarie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees