Die Expresso-aanbieder Katlego Maboe het op Instagram fotos gedeel van hom by Heather Tom (Katie Logan), Jacob Young (Rick Forrester) en Karla Mosley (Maya Avant) op die stel van dié SABC3-ontbytprogram. Dankie dat julle al jul energie en liefde Suid-Afrika toe bring, het Katlego by kiekies van hulle saam getik. En kyk net hoe wys Heather been!

Die sterre geniet dit duidelik gate uit hier. Jacob het op Instagram laat hoor: Kaapstad is mooi.

Karla en Heather het selfs gaan wyn proe.

Karla het ook bewys local is inderdaad lekker: Die aktrise het ’n skepping deur die plaaslike modeontwerpers Quiteria & George gedra.

Die drie het ook vroeër die week die tydskrif GQ se prysaand vir bes geklede mans van die jaar bygewoon.

Hul plaaslike aanhangers kan nie genoeg kry van die sterre nie.

En kyk hoe lekker kap Karla dit uit!

@karlamose gettin it! What an amazing place! Thank you @sabc3 @boldinsider @bold_and_the_beautiful

A post shared by Jacob Young (@jacob_w_young) on

Heather het op Instagram laat val haar man, die musikant Zane Achor, en hul seun, Zane, is ook op pad Suid-Afrika toe. Ons wed julle sy kan nie wag om hulle rond te wys nie! Zane vier op 28 Oktober sy vyfde verjaardag, so dit lyk of die kleinman dit hier by ons gaan vier.