Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Mehmet Ali Durak was net ses maande oud toe sy ma gou uit hul huis in die Turkse hawestad Izmer geglip het om melk te gaan koop.

Maar toe Emine terugkeer was hul huis, in een van die stad se ou woonbuurte waar baie geboue steeds van hout was, in ligte laaie. Die angsbevange vrou het na binne gestorm, waar die vlamme reeds aan klein Mehmet begin vreet het.


Mehmet Ali Durak en sy ma, Emine. Foto: Newsflash/
Mehmet Ali Durak en sy ma, Emine. Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Die erg verbrande baba het by die dood omgedraai. Hy moes 47 dae in 'n waakeenheid deurbring, en byna ’n jaar in die Ege-akademiese hospitaal in Izmir. Weens die brandwonde was sy gesig soos 'n gesmelte masker. Ook sy klein bors is met kwaai brandwonde oortrek. 

Mehmet is nou 28. Oor die jare het hy verskeie kere plastiese chirurgie ondergaan, maar die gewenste resultate is nooit behaal nie. Sy gesig het soos 'n harde, verwronge masker gelyk.

Maar in Augustus vanjaar is met 'n reeks prosedures by die Akdeniz-akademiese hospitaal begin om as't ware vir hom 'n nuwe gesig te bou. 

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

In die eerste fase het spesialiste gesonde weefsel van Mehmet se been en middellyf geoes om aan sy gesig en kop oor te plant. "Hy was ses dae in die waakeenheid ná die operasie. God seën die dokters, hul doen hul bes," het Emine (66) aan die Turkse media vertel. 

Die chirurgiese span, wat deur die Turkse gesondheidsdepartement saamgestel is, voel tevrede met die vordering tot dusver, en Mehmet sien uit na die volgende fase van die rekonstruktiewe proses. 

Maar Emine is gekwel. "Ek sê vir hom hy moenie met die operasies aanhou nie, want dit kan gevaarlik wees, maar hy luister nie na my nie.”

Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za
Foto: Newsflash/Magazinefeatures.co.za

Maar Mehmet is vasbeslote om 'n nuwe en beter voorkoms te kry. Vir hom gee dit hoop op 'n nuwe lewe met 'n gesig wat nie mense in afgryse na hom laat staar of wegdeins nie.

“Ek sal alles doen wat nodig is," vertel hy. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe