Sy het onlangs tydens ’n blaaskans in Miami in ’n eenstukbaaikostuum in die see baljaar.

Ek was mal oor wyn, maar het dit gelos, want dit laat jou opblaas
Sharon Stone

’n Mansvriend het op ’n kol by haar aangesluit. Die aktrise, wat volgende jaar saam met Beau Bridges in die TV-reeks Mosaic verskyn, bly slank danksy Pilates, gim en dans.

Foto: RealTime Images/ MEGA

Maar nou sê sy sy wil, nes die aktrise Jane Fonda, die veranderings aan haar lyf aanvaar. “Ek wil nie soos ’n meisie lyk nie, want ek is nie meer ’n meisie nie,” het sy aan die tydskrif Shape gesê.