Die reeks sal weer uit 13 halfuur lange episodes bestaan en die bekwame Sane Olivier, wat ook vir Koekedoortjie se susterreekse verantwoordelik was, sit weer in die regisseurstoel.

Die jong bakkers sal die beoordelaars, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, moet beïndruk as hulle as die eerste Koekedoortjie gekroon wil word.

Koekedoortjie is in Milnerton, Kaapstad, in dieselfde ateljee geskiet waar Kokkedoortjie verfilm is.  

Hoewel aanhangers van Kokkedoortjie aspekte van dié reeks op die stel sal raaksien, is daar talle nuwe elemente wat kykers gaande sal hê.

Oudisies is in Augustus 2017 dwarsdeur Suid-Afrika gehou en so is die volgende 10 deelnemers uit honderde inskrywings gekies:

Anica Scheepers (11) van Centurion

Anica Scheepers. Foto: Verskaf.

Anmi Esbach (11) van Hartbeespoort 

Anmi Esbach. Foto: Verskaf.

Carla Botha (13) van De Hoop

Carla Botha. Foto: Verskaf.

Danika Botes (12) van Krugersdorp 

Danika Botes. Foto: Verskaf.

Nix Korf (12) van Johannesburg 

Nix Korf. Foto: Verskaf.

Elsje-Mari Louw (12) van die Paarl

Elsje-Mari Louw. Foto: Verskaf.

Evan Maritz (13) van Pretoria

Evan Maritz. Foto: Verskaf.

Minay Vermaak (11) van Pretoria

Minay Vermaak. Foto: Vermaak.

Tanique van der Walt (10) van Hermanus

Tanique van der Walt. Foto: Verskaf.

Wicus van Deventer (11) van Prieska

Wicus van Deventer. Foto: Verskaf.

Die eerste aflewering van Koekedoortjie word op Woensdag 4 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.