Hoekom het die alligator oor die kruising gestap?

Dít is presies waaroor die verstomde Ruchama Lubin-Desir (36) gewonder het toe hy verlede maand die verbasende oomblik op kamera vasgelê het.

Ruchama was bloot op die regte oomblik op die regte tyd toe hy op 25 April gesien het hoe die reuse-alligator oor ’n besige straat in Tampa in die Amerikaanse staat Florida loop.

“Dis nie iets wat ek al vantevore gesien het nie, maar in Florida kan dit enige oomblik gebeur,” vertel Ruchama vandag. “ ‘Net in Florida’ is nou my slagspreuk!”

@rlshama

Part 2! Excuse the crying ?? baby ???? in the back!

? Monkeys Spinning Monkeys - Kevin MacLeod

Die reptiel het op die dag kalm in die middel van die verkeerskruising gelê; toe opgestaan en langbeen begin aanstap toe polisiebeamptes nader beweeg.

Die video van die gebeurtenis is al meer as 12 miljoen keer aanlyn gekyk. 

@rlshama

Part 3! The cop helped him get to the lake across the street but I couldn’t record that part since we had to go.

? Bad Boys (Theme From Cops) - Inner Circle

’n Internetgebruiker se kommentaar op die video is: “Hy loop so snaaks!” ’n Ander merk weer op: “Die polisiebeampte tree so normaal op, so asof dit  gereeld gebeur!”