Stortreën wat gelei het tot enorme oorstromings en modderstortings het reeds minstens 141 lewens geëis, berig die BBC. Dit is hoogste dodetal weens reënval in dié land in langer as 30 jaar. 

Die weste van die land is die swaarste getref en inwoners moes ontruim word nadat talle riviere oorspoel het. 

’n Foto uit ’n helikopter wys ’n oorstroomde dorp in die Kurashiki-distrik in die weste van Japan. Foto: Getty Images
’n Paartjie red hul troeteldiere. Foto: Getty Images
’n Reddingspoging in die Kurashiki-omgewing. Foto: Getty Images
Groot skade is aan plaaslike infrastruktuur aangerig. Foto: Getty Images
Vasgekeerde voertuie. Foto: Getty Images

Meer as 2 miljoen inwoners is al na veiligheid gebring en oor die 70 000 reddingswerkers is betrokke by dié grootskaalse reddingspoging. Sowat 60 mense word steeds vermis, berig ABC News.

Japan se eerste minister, Shinzo Abe, het sy buitelandse toer afgelas om sy volle aandag by die ramp te bepaal, berig CNN

Bronne: BBC, CNN, ABC News