Die aktrise en TV-liefling het in Augustus vir die tweede keer ma geword en sy deel gereeld op Instagram kiekies van haar skattige kleingoed. Kyk net hoe oulik is haar drie maande oue kleinman, Luca Juan Joubert!

Little Luca lashes

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Klein Luca is reeds sy pa, die musikant Schalk Joubert, se grootste ondersteuner.

Dad’s groupie

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

En Schalk dink duidelik sy seun volg in sy musiekvoetspore . . .

Die paartjie se eersteling, Lira, vier op 10 Desember haar derde verjaardag. 

Batgirl does not need sleep. But mom and @schalkj do??

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Bling Bday gifts from peetma @pinkshrink

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Kyk net hoe lekker dans klein Lira terwyl haar pa die kitaarsnare tokkel.

"Ek dink dis goed dat Lira ’n companion het," het Vicky kort voor haar seun se geboorte aan Huisgenoot vertel. "Broers en susters is baie belangrik. Ek hoop hulle het ’n hegte band,” vertel Vicky, die jongste van drie kinders.

Die voormalige 7de Laan-aktrise is bedrywig verby. Sy is al nege jaar lid van die Pasella-span, hou haar lyf vryskutstemkunstenaar en is die programbestuurder vir Cape Town Music Academy (CTMA), ’n organisasie sonder winsoogmerk wat geleenthede skep vir kontemporêre musikante en kunstenaars in die Wes-Kaap. 

Sy en haar man, Schalk, het in September hul derde huweliksherdenking gevier.

@schalkj always miss you when you fly away

A post shared by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

Ekstra bron: Netwerk24.com