Henno Smit lewe vandag steeds voluit. Foto: Facebo
Henno Smit leef vandag steeds voluit. Foto: Facebook/HopeforHenno

Daar is nie een foto waarin die boerseun van Piet Retief in Mpumalanga nie glimlag nie.

Dit is juis Henno Smit (16) se innemende glimlag wat ’n mens se aandag trek met sy ma, Sirita, se onlangse inkrywing op Facebook: “Henno, seun. Vandag sewe jaar terug het jou lewe in ’n oogwink verander, maar as ek terugkyk, is ek supertrots op jou! Deur die Here se Genade het ons staande gebly en eer ons Hom vir al sy goedheid! Ons is baie lief vir jou.”

Henno Smit lewe vandag steeds voluit. Foto: Facebo
Henno Smit lewe vandag steeds voluit. Foto: Facebook/HopeforHenno

Maar steeds sal iemand wat nie sy verhaal ken nie, verward wees, want kyk ’n mens ’n tweede keer na onlangse foto’s van Henno, wil dit behalwe vir sy regterhand, wat telkens na binne gevou is, voorkom asof niks skort nie . . .

Sy pa, Hennie, lag toe Huisgenoot vra om ná al die jare Henno se storie te deel.

“Dit ís ’n wonderwerk,” sê Hennie dadelik. “Soms kan ons dit self steeds nie glo nie.”

Wanneer ’n mens teruggaan na die foto’s van destyds, is Henno inderdaad aan ’n rolstoel gekluister, maar vandag loop hy waar hy wil wees met net een kruk.

Henno Smit is ná die ongeluk in 'n rolstoel terug
Henno Smit was na die ongeluk in 'n rolstoel terug skool toe. Foto: Facebook/HopeforHenno

Hennie vertel die gesin is op die oomblik omtrent versprei. Terwyl hy in Verkykerskop in die Oos-Vrystaat is, waar Sirita eersdaags by hom sal aansluit, kuier Henno weer by sy grootouers op Eshowe in KwaZulu-Natal.

Henno in die rehabilitasiesentrum. Foto: Facebook/
Henno in die rehabilitasiesentrum. Foto: Facebook/HopeforHenno

Hy sal Maandag terugkeer na Piet Retief om sy skoolloopbaan in graad 11 voort te sit.

Henno Smit en sy gesin, pa Hennie, suster Anri en
Henno Smit en sy gesin: pa Hennie, suster Anri en ma Sirita Foto: Facebook/HopeforHenno

“Prys die Here,” is wat die tiener eerste oor sy herstel van die afgelope sewe jaar aan Huisgenoot vertel. Die laaste wat hy van die ongeluk onthou, was die oomblik toe hy in die ambulans vir sy pa vra: “Pa, gaan ek verlam wees? Gaan ek ooit weer rugby of krieket kan speel of swem?”

Maar vandag vertel hy: “Ek is baie bevoorreg! Dit was ’n groot uitdaging, maar vandag kan ek steeds skaak speel, motiveringpraatjies lewer en krieket help afrig,” vertel hy.

’n Nare fietsongeluk

Die dag van 4 Februarie 2014, toe die aktiewe en energieke Henno, toe nog 9 jaar oud, op sy fiets van die hoë stoep by sy ouerhuis wou afry, kon hy nie voorsien hoe dit die res van sy lewe sou verander nie.

“Ek wou met albei wiele op die grond land, maar ek het geweet ek moet my voorwiel net so ’n bietjie oplig, maar ek dink dit was te laat. Dit was asof ek van my fiets in ’n swembad duik.”

Henno het daar en dan sy nek gebreek.

“Ek was die dag op die dorp, en my vrou en sy suster, Anri, in die huis. Niemand het die ongeluk gesien gebeur nie,” vertel sy pa oor die dag.

“Henno het net daar bly lê en na sy ma geroep. Sy het Anri gevra om te gaan kyk. Anri het teruggekom en vir my vrou gesê dit lyk of Henno baie seergekry het.”

Henno Smit in die hospitaal dae na die ongeluk. Fo
Henno Smit in die hospitaal dae ná die ongeluk. Foto: Facebook/HopeforHenno

Hennie het dadelik van die dorp af terug huis toe gejaag, terwyl Sirita-hulle die ambulansdienste gebel het.

“Die eerste woorde wat Henno vir my gesê het toe ek by hom kom, was:  ‘Pa, ek wil net nie verlam wees nie.’ ”

Pad na herstel

Dit was egter net die begin van ’n lang, uitmergelende pad. Henno is dieselfde aand van die Piet Retief-hospitaal na die Unitas-hospitaal in Centurion oorgeplaas, en was benewens die minstens 10 dae in die waakeenheid van die Piet Retief-hospitaal eindelik altesaam agt maande in die hospitaal.

Henno en sy ma, Sirita, in die tyd na die ongeluk.
Henno en sy ma, Sirita, in die tyd ná die ongeluk. Foto: Facebook/HopeforHenno

“Daar in Unitas het die dokter daardie volgende oggend 03:30 vir ons gesê hy is jammer: ‘Julle kind gaan waarskynlik vir die res van sy lewe in ’n rolstoel en oor 95% van sy liggaam heen verlam wees,’ ” vertel Hennie.

“Ek het dit waardeer. Hy was opreg en reguit. Maar ja, dit was ’n groot storie vir ons. Dis ’n verskriklike skok en teleurstellende nuus. Gebed het ingetree.”

Henno in die hospitaal dae na die ongeluk. Foto: F
Henno in die hospitaal kort ná die ongeluk. Foto: Facebook/HopeforHenno

Hulle is ingelig Henno het die boonste C4- en C5-werwels in sy nek gekraak. 

“Toe hulle hom invat om te opereer het die dokter gesien dis eintlik veel erger as wat hy gedink het. Die een werwel was heeltemal vergruis. Al wat hy toe kon doen, was om die nek te heg en te stut.”

Henno en pa Hennie. Foto: Facebook/HopeforHenno
Henno en pa Hennie. Foto: Facebook/HopeforHenno

Hennie vertel die hele Piet Retief-gemeenskap het daardie dag saamgetrek en begin bid. Hy is eensklaps weer aangedaan oor die ervaring.

Toe die dokter ’n tyd daarna weer na Henno se nek kyk, het hy gesê dit is min dat hy al só ’n jong seun gesien het; Henno se guts en positiwiteit het hom verstom.”

Wonder op wonder

Henno is na die Mediclinic Muelmed-hospitaal se rehabilitasiesentrum in Pretoria. Henno kon in daardie stadium net sy arms effens beweeg, sy bene was heeltemal verlam, maar elke keer dat hulle hom wou ontslaan, het nog iets begin beweeg. Dan sy een been, toe hulle hom wou ontslaan, die ander een. Toe ons weer sien, is hy op twee krukke en toe een kruk . . .”

Henno werk hard in die rehabiltasiesentum. Foto: F
Henno werk hard in die rehabiltasiesentum. Foto: Facebook/HopeforHenno

Henno het aanvanklik met ’n rolstoel terugkeer skool toe, waar die laerskool en later die hoërskool hom met ope arms aanvaar en gehelp het. Plaaslik het hy steeds fisioterapie ontvang en gereeld in die gimnasium geoefen.

Henno het selfs nadat hy agt maande later uit die
Henno het selfs nadat hy agt maande later uit die hospitaal ontslaan is, steeds hard gewerk. Foto: Facebook/HopeforHenno

“Hy het met die krukke geloop – eers een meter, later twee meter – en so het dit aangegaan soos hy sterker geword het. Ek het toe hy nog in die hospitaal was ’n droom gehad ons gaan kerk toe, en daar staan Henno op en loop na ’n tafel. Ons tel hom op en daar staan hy en praat met die gemeente.”

En in 2017 het dit waar geword.

“God het ons gebede verhoor,” vertel Hennie, wat saam met sy Sirita baie dankbaar vir al hul familie, vriende en die gemeenskap se ondersteuning is. Veral ook die Piet Retief NG Gemeente.

Henno Smit leer weer in die Muelmed-hospitaal se r
Henno Smit leer weer in die Muelmed-hospitaal se rehabilitasiesentrum hoe om basiese dinge te kan doen in die maande ná die ongeluk. Foto: Facebook/HopeforHenno

Henno vertel hoewel hy tot ’n groot mate die gebeurtenis aanvaar het, was die woord “opgee” nog nooit in sy woordeskat nie.

“Ek het net aanhou en aanhou oefen. Ek druk myself steeds elke dag.”

Henno in die rehabilitasiesentrum. Foto: Facebook/
Henno in die rehabilitasiesentrum. Foto: Facebook/HopeforHenno

Hennie vertel daar was net twee geleenthede die laaste sewe jaar dat hy vir Henno, ’n groot Blou Bul-ondersteuner en Duane Vermeulen-aanhanger, hartseer gesien het.

“Dit was ná een rugbywedstryd van sy oudspanmaats, toe hy vertel het hy wens só hy kon in dié game gespeel het . . .”

Jong Henno voor die ongeluk. Hy was baie erg oor s
Jong Henno voor die ongeluk. Hy was baie erg oor sport, veral rugby. Foto: Facebook/HopeforHenno

Uitdagings en hoop

Henno en sy pa vertel daar is steeds uitdagings wat hy elke dag moet oorkom. Die funksies van sy maag en blaas is nog nie reg nie en hy kort hulp om te stort.

“Ek sukkel nog met die beweging in my vingers, al kan ek met my regterhand ’n pen vashou en skryf. Ek sal veral in my linkerhand meer beweging wil herwin om dit oop en toe te maak,” vertel Henno.

“Ek sukkel nog met die beweging in my vingers, al kan ek met my regterhand ’n pen vashou en skryf."

Die hoop beskaam nie vir hom om ná skool nog operasies te kan ontvang om dit te verbeter nie.

Sy pa is baie trots op wat sy seun ondanks alles vermag. Hy vertel Henno speel steeds gholf, en kan op ’n jagstoel sit en steeds ’n bok skiet as hy sy hele hand en arm gebruik om die sneller te trek.

Henno Smit op sy suster se troudag. Foto: Facebook
Henno Smit op sy suster se troudag. Foto: Facebook/HopeforHenno

Wanneer Henno vanjaar vir die eerste keer alleen in Piet Retief in die koshuis gaan agterbly aangesien hulle na Verkykerskop verhuis, gaan dit ’n groter aanpassing vir hom as vir Henno wees.

Henno Smit vandag op die gholfbaan. Foto: Facebook
Henno Smit vandag op die gholfbaan. Foto: Facebook/HopeforHenno

“Dis moeilik om te dink ek gaan nie meer daar wees om hom te help nie, maar ja, dit is seker deel daarvan vir Henno om net meer onafhanklik te raak.”

Henno vertel sy grootste droom is om ná skool te gaan boer. 

Henno Smit laat niks hom onderkry nie. Hy begin va
Henno Smit laat niks hom onderkry nie. Hy begin vanjaar met graad 11. Foto: Facebook/HopeforHenno

“Ek hou vreeslik baie daarvan, dalk sal ek verder deur die pos swot.”

Die nederige tiener vertel die enigste boodskap wat hy graag wil oordra, is vir mense om ongeag hul omstandighede nooit moed op te gee nie.

“Daar kom moeilikheid oor jou pad in die lewe, maar jy moet net aanhou. Jy moet net aanhou baklei.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe