Booker het Kirstjen Nielsen, die Amerikaanse minister van binnelandse veiligheid, aangevat oor haar versuim om Trump se gebruik van die woord “sh*thole” te kritiseer toe hy Haïti en sommige Afrikalande beskryf het. 

Volgens The Inquirer hou Booker vol haatlike woorde deur ’n Amerikaanse president dra by tot “ ’n atmosfeer wat verhoogde bedreigings teen minderhede ingesluit het”.  

“Ek kook eerlikwaar van woede,” het Booker by ’n DACA-vergadering gesê wat op 7 Januarie plaasgevind het.  

Die konfrontasie het vinnig versprei en nou praat mense selfs oor die senator se vooruitsigte as ’n moontlike presidentskandidaat in 2020.

“Wat in die Withuis aangegaan het, wat in die Oval Office aangegaan het, is vir my diep ontstellend.

“Toe Dick Durbin (senator van Illinois) my bel, het ek trane van woede gehad toe ek hoor van sy ervaring in die vergadering, en vir jou om nie daardie seer en pyn te voel nie en om van die vrae van my kollegas af te maak . . . wanneer tienmiljoene Amerikaners nou seer het, want hulle is bekommerd oor wat in die Withuis gebeur het … dis vir my onaanvaarbaar!”

“Jou stilte en jou geheueverlies is aandadigheid,” het Booker aan Nielsen gesê.

Bykans 29 000 mense het daarvan gehou toe dit op CNN se Twitter-profiel gedeel is.

Kyk die volledige video hier: