Amalia en Shaun Golding het Saterdag ewige trou aan mekaar beloof.

Tascha Strauss het foto's van die troue in die sosiale media gedeel. En het Amalia nie beeldskoon gelyk nie!

Beautiful wedding to celebrate a beautiful couple ??

A post shared by Tascha Strauss ???? (@taschastrauss) on

"Pragtige troue om ’n pragtige paartjie te vier," skryf Tascha. 

Ons het vir Amalia leer ken as San-Mari van Graan in die sepie 7de Laan en sy het later ook al ’n draai in Binnelanders gemaak.

Amalia en Shaun is al langer as drie jaar ’n paartjie en het in Desember 2016 aan die Weskus verloof geraak.

Amalia het nog onlangs grapperig in die sosiale media gesê Shaun kan nie weghardloop nie.

“Dit is tyd!! Op pad na Pat Busch Mountain Reserve. Te opgewonde. Shaun Golding jy kan nie meer weghardloop nie.”

En haar henneparty het na hope pret gelyk!

Ons hoop dit was ’n absolute pragtige dag!