’n Predikant in Engeland was geskok toe hy sy arm per ongeluk aan die brand gesteek het terwyl hy sy eerste virtuele preek opgeneem het.

Stephen Beach (61) van die St Budeaux-parogiekerk in Plymouth is gelukkig nie ernstig beseer nie, berig ITV News.

In die video leun die predikant oor kerse om sy preek af te sluit. Dan raak sy trui aan die brand.

“Oe genade, ek het pas vlam gevat,” sê hy in die video.

Die predikant het dadelik besef hoe snaaks dit is en die video op YouTube gedeel.

Kerke wêreldwyd het hul deure gesluit te midde van die Covid-19-pandemie en aanlyn dienste vir massa-aanbidding begin in ’n poging om sosiale onthouding aan te moedig.

“Die hele ding is ietwat onwerklik. Daar was nog nooit ’n tyd waar ons doelbewus nie na Sondagaanbidding gegaan het nie, en daarom is dit baie vreemd,” het die predikant aan Sky News gesê.

Ander predikante het sedertdien met hom gespot en gesê hy is “aan die brand vir Jesus”.

“Mense het omtrent daaroor gelag,” sê hy.

Kyk onder na die video. 

Bronne: ITV News, YouTube, Sky News