Woensdag, na groot afwagting, het die president aangekondig dat die land om midderdag van Sondag, 20 September 2020 na vlak 1 van die inperking sal gaan. 

Hoewel landsburgers meer vrylik sal kan rondbeweeg, maan die president dat Suid-Afrikaners hulself steeds moet beskerm en paraat moet wees om die verspreiding van covid-19 te keer.

Daar is tans 652 000 mense met covid-19 besmet, 15 641 Suid-Afrikaners het gesterf en 583 000 mense het al van die virus herstel.

Kyk hier na die president se volledige aankondiging: