Maar dis nie net sy juffrou, Helen Haslem, wat die tonge laat klap het nie . . .

Die spogskool se nuwe hoof, Simon O'Malley, is vroeër vanjaar deur die Britse glanstydskrif Tatler as een van die ses sexyste skoolhoofde in die land aangewys! Simon het vandeesmaand by die skool aangesluit.

"Ek kan my indink dat voornemende ouers op grond van hom alleen sal besluit (om hul kinders na die skool toe te stuur)," het Tatler se skoolnavorser vertel. Simon was voorheen 11 jaar skoolhoof van Wellesley House in Kent.

"Ons voorspel grootskaalse histerie van Suidwes-Londense ma's (en dalk selfs van die hertogin van Cambridge)," het Tatler berig.

Simon is getroud en het twee volwasse kinders. Sy vrou, Katy, het vandeesmaand as kunsonderwyser by George se skool begin werk.

Dit gons nie net oor Simon nie, maar ook oor George se juffrou, Helen.

Haar stylkeuse vir George se eerste skooldag het die tonge laat klap. Helen het die koppe laat draai in ’n rok deur die Britse modereeks L.K.Bennett - een van Kate se gunsteling-ontwerperreekse.

Prince George arrives for his first day of school at Thomas's Battersea with his father The Duke of Cambridge ???? ??PA

A post shared by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

William het alleen die derde troonopvolge skool toe geneem omdat Kate, wat tans swanger is met hul derde kind, onder kwaai oggendnaarheid deurloop. Volgens William het sy kleinman hom baie goed gedra en was daar geen woedeuitbarstings van die toekomstige Britse koning nie.

Op sy skoolsak was sy naam net George Cambridge - soos hy by die skool bekend sal staan. Aan sy privaat skool, waarvan skoolgeld sowat £20 000 (sowat R330 000) per jaar beloop, is ballet onder meer verpligtend en daar is selfs ’n debatklub vir vyfjariges. Dis dalk net wat klein George nodig het om hom voor te berei op sy rol as monarg.

"Dit het goed gegaan," het Wills laat val van George se eerste skooldag. "Daar was een ander ouer wat meer van ’n probleem met hul kinders gehad het. Ek was baie tevrede dat dit nie ek was nie," sê die prins. 

Bronne: Telegraph.co.uk, Thesun.co.uk, Tatler.com