So het Riana Nel Sondag in die sosiale media geskryf toe sy die skattigste foto van haar seuns gedeel het.

“Mag julle soos Dawid en Jonatan wees! Beste maats, mekaar se rasieleiers en mekaar die waarheid wys as die leuens inkruip. Saam speel en lag en bou! #myrykdom,” skryf sy by ’n kiekie van die boeties terwyl hulle handjies vashou.

Mag julle soos Dawid en Jonatan wees! Beste maats, mekaar se cheerleaders en mekaar die waarheid wys as die leuens inkruip. Saam speel en lag en bou! ????#myrykdom

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

Riana het verlede week die nuus op Instagram aangekondig oor haar pienkvoet wat eindelik moeder Aarde betree het.

’n Gedeelte uit haar inskrywing het gelui: “#6dae oud! Psalm 22:9: Yet you are he who took me from the womb; you made me trust you at my mother's breasts.”

Die sanger en haar man, Cornel de Beer, het reeds ’n eenjarige seuntjie – Tristan.

Dit is net te warm. Hello Desember????

A post shared by Riana Nel (@riananelofficial) on

Ons kan nie wag om nog foto's van die oulike boeties saam te sien nie!