Rolene het nog tot onlangs in Bloemfontein gebly waar sy haar mediese studie voltooi het. Maar sy geniet duidelik haar nuwe lewe in die Boland.

Die paartjie se kind word op 6 Januarie een jaar oud. ’n Maand later vier hulle hul tweede huweliksherdenking.

Rolene (25) is stylvol verby en pryk gewoonlik in die een stylvolle uitrusting ná die ander. Dit is dus geen wonder sy moes omtrent bontstaan om plek vir al haar klere te kry nie!

Rolene en haar gesinnetjie het onlangs die pad aangevat van Bloemfontein vir die groot trek.

Rolene het onlangs aan die tydskrif Sarie verklap sy het elke dag van die jaar wat sy Mej. Wêreld was ’n dagboek gehou. Sy beplan om oor twee jaar ’n boek uit te reik met al die lewenslesse wat sy in haar kroningsjaar geleer het.

Die slimkop wil ook haar MBA-graad aanpak, maar vir nou wil sy net ma wees van haar kleinding.

Sy het ook groot planne vir 2018. Rolene gaan praatjies gee by haar skoonsuster Ledivia Strauss se kliniek vir holistiese gesondheid, wat in April sy deure oopmaak in Rolene se nuwe tuisdorp, Paarl, het sy aan Sarie vertel.

Daarna wil sy haar internskap by ’n hospitaal voltooi. 

My whole life in one picture... #LOVE They give me purpose ??

A post shared by Rolene Strauss (@rolenestrauss) on