Die televisieaanbieder se kleinding, haar eerste kind by haar man, die sakeman Neil Shraga, moet nou enige dag aankom – en Roxy het ’n foto op Instagram gedeel van haar bababoepie wat steeds groter word.  

“39 weke en 4 dae,” het sy vroeër die week geskryf by ’n foto wat wys haar maag bedek amper haar tone wanneer sy van bo af kyk.

39 weeks & 4 days ??

A post shared by Roxy Burger (@roxyburger) on

Roxy het in 2017 in ’n onderhoud aan Huisgenoot gesê haar swangerskap verloop taamlik maklik.

“Ek dink in jou gedagtes sal jy weet hoe dit sal wees, maar jy weet nooit nie. Ek het gedink ek sou ’n gespanne swanger mens wees, maar my man prys my oor hoe goed ek vaar, en ek is gelukkig ek het ’n taamlik maklike swangerskap gehad buiten baie naar wees aan die begin,” het sy gesê.

Ter viering van haar 40ste week van swangerskap het Roxy ’n reeks pragtige foto’s gedeel wat deur die fotograaf Georgia Groenewold geneem is.

“Ek kan nie wag om jou te ontmoet nie,” het sy by die inskrywing geskryf. “Ek was dol daaroor om jou 40 weke lank saam met my te dra en die hele tyd twee harte te hê.”