Die musiekvideo van die liedjie Miljoene Stemme deur die Afrikaanse musiekbedryf se lieflinge, Rudi Claase en Charné Hugo, is asemrowend. 

"Die samesmelting van 'n klokhelder man- en vrouestem in duet hou 'n eiesoortige, magiese bekoring in,” sê André Viljoen van Select Musiek. 

André beskryf Rudi en Charné se nuwe enkelsnit as “uitstekend" en "dit beklemtoon hul vokale swier en styl”.