“Ek het die fliek gekyk en kon net nie oor daardie rooi rok kom nie,” skryf Rolene op haar Instagram-blad.

“Ek het dadelik vir Werner Wessels (haar stilis) gebel en dit was ons inspirasie vir my volgende rok.”

Die ontwerpers van Galluzzi e Gini het die rok, soortgelyk aan die een wat Julia tydens die verfilming van die bekende fliek gedra het, vir Rolene gemaak.

En op haar profiel deel sy ’n rits foto’s van hoe die skepping aanmekaargeslaan is. In die foto's kan 'n mens sien hoe wit materiaal gebruik is om die rok te meet en seker te maak dit pas.

Later kan 'n mens die rooi voering aan die binnekant van die rok sien voordat die afgeronde rooi materiaal haar soos 'n rolprent-ikoon laat lyk. 


Die ontwerpers het ook Demi-Leigh Nel-Peters, wat verlede jaar as Mej. Heelal gekroon is, se treffende wit rok gemaak wat sy tydens haar onlangse besoek aan Suid-Afrika gedra het.