Simpson, die veelbesproke sportster en akteur wat in ’n siviele saak aan moord skuldig bevind is, moes ook nege jaar tronkstraf uitdien vir ander misdade.

Hier is die oomblik toe hy vrygelaat is.

In is hy 2007 in Las Vegas, Nevada in hegtenis geneem op aanklagte van gewapende roof en ontvoering.

Sy aansoek om parool is eindelik op 20 Julie vanjaar goedgekeur. Hy was as gevangene nr. No. 1027820 in die Lovelock-gevangenis in die noorde van Nevada aangehou.


Volgens sy prokureur, Malcolm LaVergne, is OJ van plan om na Florida te gaan na sy vrylating op parool om sy familie “buite die tronk te omhels”.

Maar nie almal is slaggereed om hom met ope arms te verwelkom nie. Pam Bondi, die prokureur-generaal van Florida, is geensins gelukkig met OJ se hervestigingsplanne nie.

Sy het ’n brief aan die sekretaris van Florida se departement van korrektiewe dienste geskryf om alle owerhede in kennis te stel dat OJ nie sy parool in daardie staat kan uitdien nie.

Bondi het in die brief verwys na OJ se agtergrond en sy totale minagting vir die lewe van ander mense. 

Hy is op 4 Februarie 1997 skuldig bevind in die siviele saak wat deur sy vrou, Nicole en haar kelnervriend, Ronald Lyle Goldman, se naasbestaandes teen hom aanhangig gemaak is. Hy moes $8,5 miljoen aan die gesinne oorbetaal.

Bondi staan nie alleen nie. Verskeie wetstoepassingsowerhede skaar hulle aan haar sy. “Ons staat moet nie ’n ontspanningsklub vir bewese misdadigers word nie.”

OJ het glo intussen sy bereidwilligheid om onderhoude toe te staan, aangedui - maar op ’n enkele voorwaade.

Daardie voorwaarde is miljoene werd want hy sal in alle waarskynlikheid tussen $3 miljoen - $5 miljoen verwag vir so ’n onderhoud.

“Hy sal nie verniet praat nie,” het ’n bron bekend gemaak.

Twitter se reaksie

Bronne: abcnews.com, waynedupree.com, sky.com