Cris Mamprin, ’n Brasiliaanse hospitaalwerker, het ’n Facebookinskrywing in Portugees gedeel waarin sy skryf dat dié toneel op 9 Desember by die ingang van die hospitaal haar diep ontroer het. "Vanoggend om drieuur het ek op die toneel afgekom toe 'n hawelose by die hospitaal om hulp aanklop."

Die honde het oënskynlik vir hul mensevriend, net bekend as César, gewag terwyl hy behandeling ontvang het. Cris het ook vertel hoe die hawelose gebieg het dat hy ophou eet het om vir die honde te sorg.

"Ek weet nie hoe lyk sy lewe op straat nie, ek wil nie eens weet of hom oordeel nie, maar ek bewonder die respek en liefde wat hy by die honde gekweek het. Om hulle so te sien wag vir hom, wys net dat hulle gelief en versorg voel.

"As almal net so kon wees, as daar geen boosheid of mishandeling was nie . . ."

Toe César sy behandeling kry, het hulle die honde ingenooi. Die diere het die pasiënt opgewonde gelek en besnuffel. Dit het hulle ook nie verras toe hy sy hospitaalkos met die honde deel nie.

Bronne: sunnyskyz.com, boredpanda.com, dodo.com