Takbokke, wat gewoonlik deur besoekers in nabygeleë wildtuine gevoer word, is afgeneem waar hulle in die strate van Nara, ’n Japanese stad ronddwaal – presies net soos in die post-apokaliptiese 2007-rolprent I Am Legend met Will Smith in die hoofrol. 

Volgens die plaaslike media word die takbokke uit hul natuurlike habitat gedwing op soek na kos aangesien besoekersgetalle sedert die verspreiding van COVID-19 skerp gedaal het en ál meer inwoners hulself tuis afsonder.

Inwoners het video’s gedeel van die diere wat in die middestad gras vreet en op treinstasies ronddwaal. 

takbokke
Foto: Newsflash/@okadennis/Magazinefeatures.co.za

Die Nara Deer Preservation Foundation het aan inwoners gesê dit is nie die eerste keer dat takbokke die stad binnekom nie, en hulle hoef nie bekommerd te wees oor die diere se teenwoordigheid nie.

Japan het aangekondig dat daar sedert Maandag 839 bevestigde gevalle van COVID-19 was, en 22 sterftes is aangemeld. 
takbokke
Foto: Newsflash/@okadennis/MagazineFeatures.co.za

Die eerste geval in dié land is op 16 Januarie bevestig.