Hierdie keer is dit egter nie oor een van sy wilde uitlatings as president van Amerika nie. Dit is sy haarstyl waaroor mense so wild aangaan.
Die president was Sondag afgeneem tydens 'n vinnige besoek aan die McLean-kerk in Virginia.
Sy hare, wat vir die eerste keer soos sy ware kapsel lyk, was netjies na agtertoe gekam.
Nie net het sy nuwe haarstyl mense aan die gons gehad nie, maar ook sy skoene.
Trump het die kerk besoek direk nadat hy by die Trump Nasionale Gholfklub, gholf gespeel het.
Hy het op die verhoog gestap met sy wit gholfskoene en langs die gemeente se pastoor, David Platt, gestaan, en sy hoof gebuig, terwyl dié vir hom gebid het.
Die president het duidelik baie ongemaklik gelyk toe hy sy gholfkep vir die gebed moes afhaal.
Vir die eerste keer kon mense sy hare sien soos wat dit na agter gekam is.
Trump se hare was al die middelpunt van menige debatte wanneer daar bespiegel word of sy hare, wat gewoonlik baie oranje voorkom, wel egte hare is.
“Wow, hy lyk soos 'n regte persoon sonder sy oranje hare,” het 'n Twitter-gebruiker geskryf.
“Hy het gaan bid nadat hy gholf gespeel het. Dit is sy gholfhare!” het 'n ander geskryf.
Bronne: Dailymail; The Guardian
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET