Volgens Daily Mail was Ed deur ’n motor getref terwyl hy met sy fiets deur Londen gery het. Hy het op sy instagram foto’s gedeel waar sy een arm in gips is en die ander in ’n slinger.

Alhoewel baie gevrees het hy het sy arm gebreek, het hy sy aanhangers op Instagram gerusgestel en gesê hulle hoef nie bekommerd te wees nie.

“Ek het bietjie van ’n fietsongeluk gehad en wag nou vir mediese advies. Dit mag dalk my toekomstige vertonings beïnvloed,” het hy laat weet. 

Ed sou later die week Asië toe vlieg vir ’n reeks vertonings maar daar is nou twyfel of dit sal plaasvind, berig die BBC.

Gerard Butler was weer besig om met sy Harley Davidson deur Los Angeles te ry toe ’n motorbestuurder hom van die pad af gedruk het.

Weekend adventures on the road. @officialtriumph

A post shared by Gerard Butler (@gerardbutler) on

Volgens Daily Mail is hy gelukkig nie ernstig beseer nie en het hy meestal skrape en kneusplekke opgedoen. 

The Indepenent berig ook dat Gerard al vir lank ’n groot motorfiets-entoesias is. 

Hy is binnekort in sy nuutste rolprent, Geostorm, te sien. 

Bronne: Daily MailBBCThe Indepenent,